Truffles met ’n bietjie byt
- Karla Janse van Vuuren
- May 22, 2015
- 1 min read

Daar is darem maar net iets aan die kombinasie van sjokolade en iets met ’n bietjie byt, soos rooipeper.
Dié truffels sal ’n bietjie vuur blaas in jou Valentynsdagvieringe.
Jy het nodig:
160ml room
¼t kaneel
’n stewige knypie rooipeper
340g donkersjokolade, in blokkies gebreek
versiersels van jou keuse (verkieslik pienk of rooi)
kakao
Só maak ’n mens:
1. Plaas die room, kaneel en rooipeper in ’n middelgroot kastrol en verhit oor matige hitte totdat dit begin borrel.
2. Verwyder van die hitte en voeg die sjokolade by. Roer tot heeltemal gesmelt.
3. Gooi die mengsel in ’n bak, bedek dit en verkoel dit minstens 2uur tot gestol.
4. Plaas die versiersels en kakao in bakkies. Haal die sjokolademengsel uit die yskas 15 minute voordat jy wil begin.
5. Gebruik ’n teelepel om balletjies te rol uit die sjokolademengsel (dit kan morsig raak, veral as die sjokolade te veel begin smelt. Sit dit dan weer vir ’n rukkie in die yskas voordat jy verder gaan). Rol die truffels in die kakao of die versiersels.
6. Sit dadelik voor of bêre in die yskas in ’n lugdigte houer vir twee dae (as dit so lank sal hou).
Comments