top of page

Vanielje panna cotta met gestoofde rabarber en vanieljekrummels

  • Leandri & Seline van der Wat
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Vanielje panna cotta met gestoofde rabarber en vanieljekrummels.jpg

Dié nagereg bestaan uit drie komponente wat afsonderlik gemaak word en dan bymekaar gebring word net voordat jy dit wil voorsit. Begin met die panna cotta en maak dan die krummels en gestoofde rabarber terwyl die panna cotta stol in die yskas.

Jy het nodig:

Vir die panna cotta:

2koppies room

70ml suiker

1 vanieljepeul

4 gelatienvelletjies

Vir die gestoofde rabarber:

180g vars rabarber

die fyngerasperde skil van 1 nartjie

5ml rooi voedselkleursel

10ml bruinsuiker

die sap van ’n halwe nartjie

150ml strooisuiker

120ml rooibosbessiesap (cranberry)

Vir die vanieljekrummels:

100g botter, in blokkies gesny

100g meel

80g bruinsuiker

die sade van 1 vanieljepeul

Só maak ’n mens:

1. Begin met die panna cotta: Plaas die gelatienvelletjies in yskoue water sodat dit kan sag word. Maak seker die gelatien is heeltemal met die water bedek.

2. Terwyl die gelatien sag word, meng die room, suiker en vanieljepeul in ’n middelgroot kastrol en verhit tot net onder kookpunt en verwyder dan van die hitte.

3. Druk al die oortollige water uit die gelatienvelle (jy kan die water weggooi waarin jy die gelatien geweek het). Roer die gelatien by die warm roommengsel. Roer deeglik totdat die gelatien heeltemal gesmelt het. Giet nou die mengsel in vormpies of glase van jou keuse en plaas in die yskas tot gestol.

4. Maak die gestoofde rabarber: Voorverhit die oond tot 180grade C. Maak die rabarber skoon en sny dit in stukkies van 2-3cm.

5. Plaas in ’n oondvaste bak en voeg die nartjieskil, voedselkleursel, bruinsuiker en die nartjiesap by. Meng goed en bak dan vir 15 minute totdat die rabarber sag is, maar nie pap nie.

6. Haal uit die oond en laat ’n rukkie staan om af te koel terwyl jy die stroop voorberei. Meng die strooisuiker en rooibosbessiesap saam in ’n klein kastrolletjie. Sodra die mengsel kook, voeg die rabarberstukkies by en kook tot ’n klewerige, verdikte stroop. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

7. Nou is dit tyd om die vanieljekrummels te maak: Verhit die oond tot 180C°.

Dit is baie maklik om die krummels in ’n voedselverwerker te maak, maar jy kan dit ook sonder te veel moeite met ’n vurk maak.

8. As jy ’n voedselverwerker gebruik, plaas al die bestanddele vir die krummels in die masjien en verwerk tot die mengsel krummelrig is. Versprei dié mengsel op ’n silikoonmat of kleefvrye bakplaat en bak 5 minute tot goudbruin. Verwyder uit die oond en breek verder op in krummels met ’n vurk. Sit weer terug in die oond vir 2 minute.

Breek dan weer op in krummels en laat afkoel. Jy kan dié resep gebruik vir fyn krummels of vir growwer, groter krummels. Vir hierdie nagereg moet die krummels baie fyn wees. As die krummels afgekoel het en jy besef die tekstuur is nie reg nie, kan jy dit vir ’n paar sekondes in die voedselverwerker blits totdat dit fyn genoeg is.

9. Haal die panna cotta uit die yskas en sit dit voor saam met lepelsvol van die rabarber en krummels.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page