top of page

Varkpens, appelslaai en aartappelskyfies

  • Seline en Leandri van der Wat
  • May 22, 2015
  • 2 min read

varkpens.jpg

Genoeg vir vier

Jy het nodig:

Vir die varklies:

1 kg varkpens (pork belly)

1 ui, grofgekap

2 knoffelhuisies, gekneus

1 stokkie sitroenkruid, gekneus

4 kardamompeule

1 steranys

1 liter aftreksel

2e suiker

Vir die appelslaai:

150g kool

2 wortels

2 pienk appels

125ml ongegeurde jogurt

100ml mayonnaise

80ml suurroom

15ml korrelmosterd

die fyngerasperde skil van ½ suurlemoen

Vir die aartappelskyfies:

2 aartappels

1,5liter olie

5ml sout

3ml vars tiemieblare

kombuispapier, vir dreineer

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 230°C.

2. Dit is belangrik om die varkvel voor te berei sodat dit lekker bros kan bak en jy smullekker cracklinghet. Maak seker die vel is skoon en maak dit goed droog met kombuispapier.

Sny netjiese kepe met ’n skerp mes in die vel. Maak seker dat jy nie te diep sny tot in die vleis nie.

3. Sit die varkpens in ’n diep, oondvaste bak. Maak die vel vir oulaas droog met kombuispapier en vryf dan ’n redelike groot hoeveelheid sout oor die vel. Sit die bak in die oond vir 25 minute of totdat die vel op- pof en diecracklingbegin vorm.

4. Verwyder uit die oond en voeg die uie, knoffel, sitroenkruid, kardemom, steranys en suiker by (sit dit net in die bak, nie op die vark nie). Vul die bak met aftreksel tot net onder waar diecracklingbegin. Bedek die bak met foelie en verlaag die oondtemperatuur na 140°C.

Sit die bak terug in die oond en bak 2-3 uur of totdat die varkvleis lekker sag is.

5. Om die slaai te maak sny die wortel en kool so fyn moontlik en plaas in ’n groot slaaibak.

Sny die appel in vuurhoutjiegrootte-stukkies en voeg dit by die kool en die wortel.

6. Meng die res van die bestanddele in ’n klein bak tot glad. Voeg dit by die bestanddele in die groot slaaibak en roer liggies saam totdat die sous al die wortel, kool en appel bedek. Bedek die bak met kleefplastiek en bêre in die yskas totdat jy gereed is om die gereg voor te sit.

7. Om die skyfies voor te berei sit die sout en tiemie in ’n stamper en gebruik ’n vysel om dit saam fyn te maal.

8. Verhit die olie in ’n klein kastrol tot warm. Onthou om nooit ’n kastrol meer as twee derdes vol te maak met olie nie, anders kan dit oorkook wanneer jy die aartappelskyfies byvoeg.

9. Sny die aartappels in skyfies, so dun moontlik, en maak deeglik droog met kombuispapier. Sit dit versigtig in die warm olie en braai tot bruin en bros. Skep uit met ’n gaatjies- lepel en sit dit op nog kombuispapier om te dreineer. Terwyl dit nog vuurwarm is, sprinkel van die tiemiesout oor.

10. Sit die slaai, varkpens en skyfies saam voor en geniet!

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page