top of page

Veelsydige broskorsdeeg

  • Stap vir stap met Prue Leith
  • May 22, 2015
  • 2 min read

1922369_671522152901287_8662170395445454729_n.jpg

Broskors is ’n staatmaker in die kombuis. Die deeg hou goed in die yskas en as dit eers gebak is, kan dit met enigiets gevul word, van melktert tot suurlemoen-skuimtert (meringue) of net bessies en vla.Sjef Leon Cronje van die Prue Leith Sjefakademie wys ons hoe om veelsydige broskorsdeeg in jou eie kombuis te maak. Dié deeg kan tot vyf dae voor die tyd gemaak word. Waar moontlik, werk in ’n koel omgewing met die deeg en probeer ook om vinnig te werk sodat die botter nie smelt nie en die deeg ferm bly.

Vir een tertkors het jy nodig:

280g meel

2g sout

225g ongesoute botter, koud en in blokkies gesny.

2 eiergele

110g versiersuiker

5ml vanielje-ekstrak

1.Sif die versiersuiker en koekmeel saam en plaas dit dan saam met die botter in ’n voedselverwerker. Verwerk totdat dit soos broodkrummels lyk en voeg dan die res van die bestanddele by.

2.Verwerk die mengsel vinnig vir so 20 sekondes totdat dit ’n klam deeg vorm. Haal die mengsel uit die verwerker en bring dit liggies met die hande bymekaar.

3.Vorm die deeg in ’n plat vierkant en vou dit in kleefplastiek toe (as jy dit in ’n groot bal los, sal dit moeilik wees om die deeg uit te rol, want die botter verhard weer in die yskas). Plaas die deeg vir minstens 20 minute in die yskas sodat dit kan stabiliseer en hard word.

4.Haal die deeg uit die yskas en rol dit vinnig uit op ’n oppervlak besprinkel met meel. Rol die deeg tot 3mm dik uit. Voer die gesmeerde tertpan eweredig met die deeg uit. Plaas die tertpan met die deeg in die yskas sodat die deeg kan stabiliseer, anders krimp dit in die oond.

5.Rys en waspapier kan gebruik word om die tertkors blind te bak. Vir vulsels wat nog moet bak, moet die deeg net tot half-gaar gebak word, maar vir gaar mengsels moet die deeg tot goudbruin en heeltemal gaar gebak word.

* Vul die gaar tertkors met 'n vulsel van jou keuse en geniet!

 
 
 

コメント


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page