top of page

Wortel-en-koljanderblatjang

  • Leandri & Seline van der Wat
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Spinasie-cannelloni.jpg

Jy het nodig:

15 ml olyfolie

1 wit ui

2 swart knoffelhuisies

3 ml garam masala

15 ml koljandersaad

1 kg wortels

2 ml sout

2 ml varsgemaalde swartpeper

200 ml appelsider-asyn

200 ml strooisuiker

10 g vars koljanderblare

Só maak ’n mens:

1. Kap die knoffel en uie saam fyn.

2. Verhit die olyfolie in ’n middelgroot pan en braai die uie, knoffel, garam masala en koljandersaad oor lae hitte sowat 5 minute lank totdat die mengsel geurig is en die uie deurskynend.

3. Skil en sny die wortels in klein blokkies (of enige ander vorm wat jy verkies) terwyl die uie braai. Voeg dan die wortels by die bestanddele in die pan saam met die sout en peper en roer. Braai oor matige hitte vir 5 minute. Roer gereeld sodat die mengsel eweredig kan braai.

4. Voeg die suiker en asyn by en prut totdat die meeste van die vloeistof weggekook het en die mengsel begin karamelliseer (sowat 5 minute oor matige hitte). Jy wil ’n pragtige, klewerige mengsel hê.

5. Kap die koljanderblare fyn en roer dit by die mengsel net voordat jy dit bottel sodat die varsheid en kleur van die kruie behoue bly.

6. Nou is dit tyd om die blatjang te bottel. Gebruik skoon glasflesse, met metaaldeksels, om jou blatjang veilig te stoor. Eers moet jy die flesse en deksels steriliseer – plaas dit in ’n oond wat voorverhit is tot 80 °C en los vir 15 minute. Verwyder dan die vuurwarm flesse en deksels versigtig en skep die warm blatjang daarin – jy moet hoor hoe die fles sis! Draai onmiddellik die fles styf toe en laat afkoel tot kamertemperatuur voordat jy dit in die yskas bêre.

Foto: Seline van der Wat

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page