top of page

Beesstertbredie

  • Errieda du Toit
  • May 23, 2015
  • 2 min read

beesstertbredie.jpg

Dié smaaklike gereg kry ’n verjongingskuur van die Verre-Ooste met die smaakmakers steranys, vars gemmer, lemoen, sojasous en Shao Xing (Chinese kookwyn). Pluspunt: Dié metode lewer ’n baie minder vetterige gereg en doeksagte vleis. Die resep is aangepas uit Cooking on the Bone deur Jennifer McLagan.

Begin dit die dag voor die tyd berei. Dit lewer vier porsies.

Jy het nodig:

. Twee beessterte, in stukke gesny (sowat 2,25kg)

. Sout en varsgemaalde peper

. 30 ml-60ml sonneblom- of

kanola-olie

. 125ml Shao Xing of droë sjerrie

. 125ml donker sojasous

. 25ml bruinsuiker

. 2-3 steranys, in stukkies gebreek

. 4 grasuie, in 2cm-stukkies gesny, plus ekstra vir opdiening

. 6 skyfies vars gemmer

. 3 knoffelhuisies, geskil

. 1 lemoen

So maak mens:

1. Voorverhit oond tot 150°C.

2. Sny oortollige vet van die vleis en druk droog. Geur vleis liggies met sout en heelwat growwe peper.

3. Verhit 30 ml kookolie in ’n vuurvaste oondbak. Braai vleis in sarsies bruin; voeg nog olie by indien nodig. Haal uit en hou eenkant tot als gebraai is.

4. Gooi oortollige vet uit die bak, voeg kookwyn of sjerrie by en bring tot kookpunt. Skraap al die bruin stukkies van bodem en kante.

5. Meng sojasous en suiker met 2 koppies water en gooi in die bak.

Voeg steranys, grasuie, gemmer en knoffel by en bring tot kookpunt.

Haal van die plaat.

6. Skil 6 groot stukke lemoenskil met ’n aartappelskiller. Hou die orige lemoen vir later.

Sit vleis en lemoenskil in die oondbak, plaas ’n klam vel bakpapier bo-oor en sit deksel op. Bak 1½ uur.

7. Draai vleis om, bedek weer en bak nog 1½ uur of tot baie sag.

Plaas vleisstukke in ’n bak en gooi die sous deur ’n sif in ’n beker. Laat sous en vleis afkoel, bedek en hou oornag in die yskas.

8. Die volgende dag: Voorverhit oond tot 150°C. Verwyder al die vet wat bo-op gevorm het. Plaas beesstert in ’n enkellaag in ’n oondbak.

9. Verhit sous in ’n kastrolletjie en giet oor die vleis. (Vir ’n dikker sous, verdik met beurre manié, ’n degie van ewe veel sagte botter en meel.) Sit deksel op en bak 30 min. Roer die vleis deur.

Verhoog hitte tot 200°C en bak nog 30 min. Draai vleis halfpad om sodat dit goed met sous bedek is.

10. Opdiening: Giet uitgedrukte lemoensap oor en roer deur. Strooi gesnyde sprietuie oor en bedien. Dis lekker op die ou manier – met stampkoring of gort en gestoofde droëvrugte.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page