top of page

Boere Brood - Soetsuurdeegbrood

  • Earle Loxton
  • May 23, 2015
  • 2 min read

boerbrood.jpg

Boer brood is louter vreugde! Hier is die resep van Earle Loxton se vrou, Patricia.

Earle, ’n oud-stadsklerk, se geesdrif oor haar wonderlike gebak ken haas geen perke nie. Hy skryf verder:

“Ek het as ’t ware met soetsuurdeegbrood en -beskuit grootgeword en ná my ma Connie se dood was daar ’n langerige tyd dat ek daarsonder moes klaarkom. Toe trou ek ’n wonderlike vrou wie se ewe wonderlike ma dit ook gebak het en dit was net ’n kwessie van tyd toe bak vroulief dit ook met ’n passie om die mooi tradisie voort te sit.

“Kyk, mens, dis ’n meneerbrood hierdie waarvoor nie almal ’n smaak ontwikkel nie, maar wrintig, as jy hom eers agtergekom het, smaak ander brood na strooi, om dit liggies te stel. Geen ander brood hou ook so goed nie. Trouens, hoe ouer hoe lekkerder, soos goeie rooi wyn. Op Kenhardt in die Noord-Kaap het die NG-kerkraad een tyd niks anders by die Nagmaal gebruik nie en dit so ’n ware feesmaalgeleentheid gemaak!"

Hier volg Earle en sy Patricia se familieresep:

Om en by 15:00 op die dag voor bakdag:

Gooi 1 teelepel sout, 3 t suiker en een kleinerige fyn gerasperde aartappel in ’n 3 tot 4 liter-(verkieslik)-emaljekastrol of emmer met digpassende deksel. Gooi hieroor 5 koppies kookwater en laat afkoel totdat dit nie meer stoom afgee nie.

Gooi nou hieroor versigtig laag vir laag, volgraan en brood- of koekmeel (3 k volgraan, 1½ k brood- of koekmeel). Sit die deksel op en plaas die houer in ’n hooikis. Hierin moet dit heelnag lekker snoesig broei.

Om en by 06:00 die volgende oggend:

Die “suurdeeg” moet nou skuimerig wees. Roer deur en voeg nog 2½ k volgraan en 1½ k koek- of broodmeel by. Dit sal nou die konsistensie van stywe hawermoutpap hê. Plaas die kastrol./.emmer met deksel en al in ’n vlak bakpan in ’n louerige oond (verhit tot so 70º C en skakel af). Laat staan in oond totdat die deksel begin lig.

Meng intussen 2.5 kg wit (brood- of koek-)meel en die res van die pak volgraan in jou knieskottel. Voeg by 8 t fynsout. Maak ’n holte in die meel en gooi die skuimende suurdeeg daarin. Knie met louwater en 250 g Stork Bake-margarien tot ’n redelik stywerige deeg.

As jy boerbeskuit wil bak, knie nog 250 g margarien in en maak dan balletjies wat halfpad so hoog soos die broodpan is. Smeer die hande deurentyd met margarien. Smeer margarien bo-oor en maak toe met plastieksakke en afdroogdoeke bo-op die plastiek. Plaas in lou (± 70º C) oond (afgeskakel). Laat rys tot panne amper vol is, haal uit en verhit oond tot 180º C. Smeer ’n mengsel van 1 eier en ’n bietjie melk bo-op die deeg net voordat die panne in die verhitte oond geplaas word. Bak vir 1 uur tot 1 uur 10 min.

Hierdie bestandele sal ongeveer 6 middelslag-brode lewer en kan gehalveer word indien verkies, maar bak altyd genoeg sodat die bure ook in die vreugde kan deel!

soetsuurdeegbrood4.jpg

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page