top of page

Bok-en-boon-kerrie

  • Smulpaap
  • May 22, 2015
  • 1 min read

bok en boon.jpg

Dié kombinasie van kerrie, witwyn en bokvleis kan ’n mens afskrik, maar dit wérk. Die resep lewer genoeg vir vier mense.

Jy benodig:

.600g bokvleis, geen bene

.2teelepels knoffel-en-gemmermengsel (sien onder)

.2t groen masala (sien onder)

.1t rooi masala (sien onder)

.1½t sout

.½t borrie

.2t mediumsterkte masala (kerriepoeier)

.1t komyn en koljanderpoeier

.3mediumgrootte uie, gekap

.1t botter

.2t olyfolie

.2 steranyse

.3 kaneelstokkies

.4 kardemompeule

.3 naeltjies

.410g-blik tamaties

.5 kerrieblare

.410g-blik botterbone

.2t varsgekapte koljander

Só maak mens:

1. Meng die bokvleis met die knoffel en gemmer, groen en rooi masala, sout, borrie, kerriepoeier, komyn en koljanderpoeier en hou eenkant.

2. Braai die uie in die olie en botter tot deursigtig.

Voeg die steranys, kaneelstokkies, kardemompeule en naeltjies by. Braai 3-5min.

3. Voeg die vleis by en verbruin en daarna die tamaties en kerrieblare. Sit die deksel op en kook stadig oor me- diumhitte vir 50 min. Voeg ’n bietjie water by as die sous te droog kook.

4. Ná 40 min. kan die bone in hul pekelwater bykom.

Kook stadig vir 20 min.

Voeg die vars koljander nét voor opdiening by.

.Vir die knoffel-en-gemmermengsel benodig jy 2t fyn knoffelhuisies en 2t gerasperde gemmer, gemeng.

.Vir die groen masala, maal: 1t van bogenoemde mengsel, 2t fyngekapte groenrissie, 1t kookolie, knypie sout en borrie.

. Vir die rooi masala: 1t van die knoffel-en-gemmermengsel, 2 rooi rissies, 1t kookolie, knypie sout en borrie.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page