Ertjiesop en kluitjies vir hart se honger
- Errieda du Toit
- May 22, 2015
- 2 min read

Jy het nodig:
. 250 g splitertjies
. 2 uie, in blokkies gesny
. 100 g bevrore ertjies
. 6 repies varkspek, ’n hambeen
of halfgaar eisbein (ek het Portugese
chorizo gebruik, by Rudi’s op
die Stellenboschvarsgoedmark
gekoop)
. 150 ml melk
. 12,5 ml Malgassiese groenpeperkorrels
vir byt, gedreineer en
met agterkant van eetlepel fyngedruk
. sout en peper na smaak
. 60 ml room en 15 ml botter
So maak mens:
Bring droë ertjies, uie en 1½ liter
water (sonder sout) tot kookpunt
saam met die hambeen of varkspek.
Verminder die hitte en laat stadig
kook totdat die ertjies sag is, sowat
60 min. Kook die bevrore ertjies in
’n klein bietjie gesoute water en hou
eenkant. Plaas die gekookte droë
ertjies in versapper (vleis van been
af gepluis indien eisbein gebruik is)
tesame met die helfte van die ander
ertjies in vloeistof waarin dit gekook
is. Versap tot baie fyn. Gooi terug in
kastrol, voeg die melk en oorblywende
ertjies met kookvloeistof by.
Roer fyngedrukte groenpeper by
en geur na smaak. Maak goed deurwarm
en voeg room by.
Peter Veldsman se sopkluitjies
Maak 12 klein kluitjies met 120 g
bruismeel, ½ t sout, vars gerasperde
neutmuskaat, 30 g botter en
60 ml melk (20 ml ekstra
dalk nodig).
Sif meel, sout en neutmuskaat
saam in mengbak.
Vryf botter met vingerpunte
in. Voeg melk geleidelik
by terwyl jy met ’n vurk
roer tot ’n klam deeg vorm.
Vorm die bolletjies met
twee teelepels. Druk die lepel
eers in warm water sodat
die deeg maklik van die
lepel afgly. Gebruik die ander
lepel om die kluitjies te
vorm. Laat die kluitjies in die
warm sop afgly, sit die deksel op en
laat sowat 15 min. in die warm sop
gaarkook.
Moenie met die deksel peuter nie,
anders slaan die kluitjies toe.
Comments