top of page

Gerookte viskoekies

  • Karla Jansen van Vuuren
  • May 23, 2015
  • 2 min read

Gerookte viskoekies.jpg

Die geheim van dié viskoekies is die kombinasie van patat en gerookte snoek, maar maak gerus jou eie kombinasie met enige gerookte vis en kapokaartappel. ’n Heerlike peuselhappie vir wanneer die hongerpyne pla.

Maak genoeg vir 4-6 mense.

.1 koppie patat, gaargemaak en fyngedruk

.2 koppies gerookte snoek (of engelvis), gevlok

.2e gekapte agurkies of kappertjiesaad

.gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie

.1 eier, geklits

.1e korrelmosterd

.4e vars pietersielie of koljanderblare, fyngekap

.½ ui, fyngekap

.2 knoffelhuisies, fyngekap

sout en peper, na smaak

.5 snye witbrood, gekrummel

.olie of botter vir braai

1. Meng al die bestanddele (behalwe die krummels en olie) saam. Vir ’n fyner tekstuur, pols die mengsel in ’n voedselverwerker.

2. Meng die helfte van die broodkrummels deur die mengsel. Proe en voeg lemmetjiesap of sout by.

3. Vorm ongeveer agt ronde koekies met die hand en rol dit in die oorblywende krummels. Sit die koekies vir 30 minute in die yskas – dit sal keer dat die koekies maklik breek. Jy kan dit al die aand voor die tyd maak en in die yskas los of selfs vries.

4. Verhit olie of botter in ’n pan oor matige hitte (net genoeg om die bodem met ’n dun lagie te bedek) en braai die koekies vir ongeveer 5 minute aan elke kant. Draai die koekie om wanneer dit ferm en goudbruin van kleur is.

5. Sit die koekies voor met tuisgemaakte mayonnaise. Of kikker gekoopte mayonnaise op met ’n skeut paprika, suurlemoensap en growwe sout.

– Die resep kom uit Weg! ­Naweekkos deur Aletta Lintvelt. Dit word deur Human & Rousseau uitgegee en is teen R199,85 by boekwinkels beskikbaar.

Foto: Dirk Pieters en Lee Malan

 
 
 

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page