top of page

Hertzoggies met kweperkonfyt

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

hertzoggies met kweperkonfyt.jpg

Kwepers is vir my so Suid-Afrikaans soos biltong en Ouma-beskuit – en watter teetyd­lekkerny is meer eg Suid-Afrikaans as hertzoggies?

Dié resep is ’n samestelling van die kosblogger Nina Timm van My Easy Cooking se resep en Matrone van 7de Laan se ­resep wat in die boek 7de Laan kook verskyn.

Jy het nodig:

. 500ml meel

. ’n knippie sout

. 10ml bakpoeier

. 125g botter of margarien

. 25ml suiker

. 3 eiergele van ekstragroot eiers

. 30ml melk

Vulsel:

. sowat 125ml kweperkonfyt

. 3 eierwitte van ekstra- groot eiers

. 200ml suiker

. 500ml klapper

Só maak mens:

1. Sif die meel, sout en bak­poeier saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.

2. Voeg die suiker en eiergele by en meng. Voeg die melk bietjies-bietjies by totdat die deeg die regte tekstuur het (die deeg kan ook in ’n voedselverwerker gemaak word).

3. Laat die deeg vir minstens 5minute, verkieslik ’n uur, rus.

4. Voorverhit intussen die oond tot 180°C en smeer twee vlak kolwyntjiepannetjies.

5. Rol die deeg 3mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit.

Druk deegsirkels met ’n 7cm-koekiedrukker uit en sit dit in die voorbereide kolwyntjiepannetjies.

6. Skep ongeveer 5ml konfyt

in elke holte en sprinkel ’n ­bietjie meel oor – dit voorkom dat die konfyt uitkook. Jy kan ook die konfyt bo-op die meelbestrooide oppervlak plaas en dit in die meel rol voordat jy

dit in die holtes skep, maar net as die konfyt nie te loperig is nie.

7. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie en voeg die klapper en dan die suiker by. Meng deeglik en skep ongeveer 20ml van die mengsel bo-op die konfyt om dit heeltemal te bedek.

8. Bak vir sowat 20 minute tot goudbruin en gaar.

9. Lig die hertzoggies uit en laat dit op ’n draadrak afkoel.

Foto: Gerrie Janse Van Vuuren

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page