top of page

Hoenderbobotie-pannekoekies

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

hoender bobotie pannekoekies.jpg

Dié bobotie is geurig en romerig danksy die klappermelk – toe­gevou in ’n ligte mini-pannekoekie is dit ’n ideale teetyd-happie. Die resep is aangepas van ’n resep wat ek op www.foodnetwork.ca opgespoor het. Die pannekoek­resep is uit The A-Z of Food & Cookery deur Sannie Smit en Margaret Fulton.

Jy benodig:

.125ml rosyntjies

.60mlamandelsplinters

.1 klein ui, fyngekap

.30ml olie

.5ml gemmer (jy kan ook 10ml vars, fyngekapte gemmer gebruik)

.2 knoffelhuisies, fyngekap

.15ml kerriepoeier (of na smaak)

.60ml appelasyn

.30ml appelkooskonfyt

.45ml bruinsuiker

.500g hoendermaalvleis

.1 ciabatta-rolletjie, geskeur

.200ml klappermelk

.sout en peper na smaak

Pannekoek:

.250ml meel

.5ml bakpoeier

.2,5ml sout

.1 eier

.375ml melk

.15ml botter, gesmelt

Só maak mens:

1.Week die rosyntjies in warm water en hou eenkant.

2.Rooster die amandels in ’n droë pan op die stoof tot goudbruin en hou eenkant.

3.Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol. Braai die ui tot glansend.

3.Voeg die gemmer, knoffel en kerriepoeier by en roerbraai nog sowat ’n minuut.

4.Roer die asyn, appelkooskonfyt en suiker by en laat kook totdat die konfyt en suiker heeltemal gesmelt het.

5.Voeg die amandels en gedreineerde rosyntjies by.

6.Voeg die maalvleis by en roer goed sodat dit behoorlik deur die geurmiddels bedek word. Roer gereeld en laat prut tot gaar.

7.Week intussen die brood in die klappermelk. Wanneer die vleis gaar is, voeg die broodmengsel by en roer goed. Proe en geur na smaak met sout en peper.

8.Maak die pannekoekdeeg: Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eier, melk en botter by tot die deeg glad is. Laat sowat ’n uur staan.

9.Maak die pannekoek: Bak klein pannekoekies van sowat 10cm in deursnee. Vul met die bobotie, vou toe en steek vas met ’n klein sosatiestokkie.

Foto: Gerrie Janse Van Vuuren

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page