Klassieke Spinasiesop
- Nettie Pikeur
- May 22, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4
Jy het nodig:
. 6 groot spinasieblare
. 2 salotte, gekap
. 3 eetlepels olyfolie
. 2 huisies knoffel, gekap
. 250 ml hoenderaftreksel
. 250 ml karringmelk
. ’n skraapsel neutmuskaat
. sout en peper na smaak
. 5 eetlepels gekapte pietersielie
So maak mens:
Kook skoon spinasie af in ’n groot pot en kap fyn of gebruik verpakte spinasie. Braai salotte in olyfolie in ’n groot pot. Voeg gekapte vars knoffel vir 3 minute by en giet dan al die hoenderaftreksel oor. Voeg gekapte spinasie by, ook karringmelk. Roer en proe vir sout en peper. Voeg pietersielie by. Bedien warm of koud.
Comments