top of page

Meringue-burgers met haselneut en sjokolade

  • Errieda du Toit
  • May 23, 2015
  • 2 min read

meringue burger.jpg

Die eeue oue pavlova raak weer ’n jong bokkie met hierdie haselneut-meringue-burger (of soet sliders). Die klassieke kombinasie van haselneute en sjokolade smaak weer nuut en die burger-voorkoms sit iets speels by die soet. Die haselneut-pralineroom klink dalk “sjefferig”, maar dis makliker as tameletjie-maak.

Bedien 4 baie ruim porsies (3 sirkels per porsie) of bedien 6 met 2 sirkels per porsie.

Jy het nodig vir die meringues:

.4 groot eierwitte

.5ml suurlemoensap

.100g goue strooisuiker (verpoeier gewone geelsuiker in ’n versapper/voedselverwerker)

.100g versiersuiker

. 50g haselneute, fyngemaak in voedselverwerker

. 10ml kakaopoeier

Vir die haselneut-pralineroom:

. 100g wit strooisuiker

. 100g haselneute (heel)

. 150ml klitsroom

Vir die sjokoladesous:

. 50g geel strooisuiker (maak geelsuiker fyn in voedselverwerker)

. 50g kakaopoeier

. 50g donkersjokolade, fyngekap

So maak mens:

1. Verhit oond tot 120°C.

2. Voer bakplaat uit met bakpapier.

Merk 7cm-sirkels af op die papier sodat die meringue-“burgerrolletjies” ewe groot is (3 meringue-sirkels per porsie).

3. Maak die meringue: Klits eierwitte en suurlemoensap saam tot sagte punte. Vou strooisuiker ’n paar skeppe op ’n slag by en klits tussen elke byvoeging. Meng versiersuiker en kakao met die fyngemaakte neute by en vou by die eierwit tot goed gemeng. Spuit of skep die meringue in die sirkels. Bak 1½ tot 2 uur tot bros buite, maar sag binne. Laat afkoel.

Wenk: Die meringues kan vooraf gemaak word. Dit hou ’n week in ’n lugdigte houer.

4. Maak die haselneut-praline:

Plaas ’n vel bakpapier op ’n bakplaat (die praline gaan daarop uitgegooi word om af te koel).

Verhit ’n kleinerige swaarboompan oor matige hitte en kook die goue strooisuiker tot gesmelt. Kantel (swirl) die pan sodat dit eweredig karameliseer. Gooi heel haselneute by en kantel in die karamel vir 1-2 min.

Gooi die mengsel uit op die bakplaat en laat afkoel. Kap fyn met ’n mes of in ’n voedselverwerker. Hou eenkant.

5. Maak die sjokoladesous: Verhit 150ml water, strooisuiker en kakaopoeier totdat dit begin kook. Haal van die plaat en giet dit in ’n ander bakkie oor die opgekapte sjokolade en meng tot glad.

6. Bediening: Klits room totdat sagte punte vorm. Hou ’n bietjie van die praline eenkant en vou die res by die room. Maak meringue-stapels met sjokolade en pralineroom tussen elke laag. Strooi praline bo-op.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page