top of page

Pynappel-en-klapperplaatkoekies

  • Errieda du Toit
  • May 23, 2015
  • 1 min read

Pynappel-en-klapperplaatkoekies.jpg

Doen ’n slag ’n voorraadopname van die spenskas.

In alle waarskynlikheid het jy reeds die bestanddele vir hierdie resep in die kas. Vinnige meelmengsels soos vir plaatkoekies, pannekoeke en vetkoek is ’n goeie manier om blikkieskos en ander ingelegde produkte, wat al lank op die rak staan, vindingryk te gebruik.

Dis ook die redding van huiskokke wat in ’n kits ’n horde kinders en hul maats se hongerpyn moet stil.

Hier word ’n blikkie fyn pynappel, klapper en goue stroop (wat gewoonlik op die spensrak is) die hoekstene vir ’n heerlike bederf aan die ontbyttafel, as tussen-maaltyd-versnapering of selfs as nagereg.

Pak ’n stapeltjie van vier plaatkoekies op elkeen se bord.

2 groot eiers, geklits

150 ml melk

’n knippie sout

140 ml (75 g) koekmeel

125 ml klapper

1 blikkie (200 g) fyn pynappel

goue stroop vir bediening

1. Klits die eiers, melk en sout saam en klits meel by totdat dit klontvry is. Voeg die klapper en pynappel by die beslag.

2. Verhit ’n pannetjie en smeer liggies met olie. Bak plaatkoekies tot goudbruin en gaar.

Om te bedien stapel vier plaatkoekies op ’n bord per persoon, bedruip ruimhartig met goue stroop en bedien met ’n skeppie crème fraîche.

Foto: Samarie Smith

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page