Oondgeroosterde Groente
- Corne Liebenberg
- May 24, 2015
- 1 min read

gemengde groente
2 eetlepels knoffelpoeier
1/4 koppie olyfolie
sout en peper na smaak
1 eetlepel gemengde kruie
Skil jou groente en sny in blokkies. Ek het aartappel, boontjies, uie en botterskorsie gebruik, maar jy kan regtig rondspeel.
Meng die geurmiddels en olie goed deur die blokkies groente.
Plaas in 'n bak met 'n deksel en bak 1 uur by 150 grade celsius
Rooster die groente onbedek net voor opdiening
Comments