"Spookasem" Basaarpoeding
- Corne Liebenberg
- May 24, 2015
- 1 min read

1 liter melk
2 teelepels vlapoeier
knippie sout
1/4 koppie suiker
jellie van jou keuse - ek het pynappel, aarbei en lemoen gebruik
2 eierwitte vir elke pakkie jellie
Maak dun vla met die 1 liter melk, 2 teelepels vlapoeier, knippie sout en 1/4 koppie suiker.
Gebruik 'n bakkie per kleur jellie.
Klits 2 eierwitte tot skuim en voeg bietjies bietjies jellie by.
Klits die mengsel tot al die jellie gebruik is en al die suiker opgelos is.
Herhaal met al die pakkies jellie.
Skep lepels van die eierwit en jellie mengsel deurmekaar in 'n bak.
Giet die lou vla versigtig oor die eierwit en jellie hopies.
Kyk hoe die "Spookasem" uitpof!
Eet alles op dieselfde dag - dit kan nie oorstaan na more nie, maar dit is gelukkig nooit 'n probleem in my huis nie!
Comments