GRIEKSE FRIKADELLE
- Die Nataniel Tafel
- May 29, 2015
- 1 min read

Jy benodig
druiwepitolie
1 kg uie, in ringe gesny
6 snye brood, korsies verwyder
1/2 kp rooiwyn
1kg gemaalde maer beesvleis
1/2 kp vars pietersielie, fyngekap
2 ekstra uie, fyngekap
10 eetlpl rooiwynasyn
2 eiers, geklits
seesout
grofgemaalde swartpeper
4 eetlpl botter, in blokkies gesny
3 eiergele
1 1/2 kp Griekse jogurt
ekstra pietersielie, grofgekap
Metode
Verf groot oondpan met druiwepitolie
Kook gesnyde uie in water vir 10 minute
Breek brood en week in rooiwyn
Meng brood met maalvleis, pietersielie, gekapte uie, 6 eetlpl druiwepitolie, 6 eetlpl asyn en eiers
Geur met sout en peper
Vorm frikadelle
Dreineer gekookte uie en skep op bodem van oondbak
Plaas frikadelle en blokkies botter bo-op
Voeg 3 eetlpl water by
Bak in oond teen 80°C vir 30 minute
Klits eiergele met jogurt
Klits 4 eetlpl asyn by
Gooi oor frikadelle en bak in oond vir verdere 25 minute
Sprinkel met pietersielie en bedien
Comments