Eisbein
- Barbara Joubert
- Jun 11, 2015
- 1 min read

2 porsies
2 eisbeins
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 knoffelhuisies, fyngekap
sowat 50 ml olyfolie
3 uie, in skywe gesny
1 blikkie bier
Verhit oond tot 160 °C. Geur eisbeins met sout en swartpeper en smeer knoffel daaroor. Gooi olyfolie in ’n oondroosterbak en skep uieskywe in. Plaas eisbeins bo-op en sit in die oond. Dit moet vir sowat 3 uur stadig rooster. Gooi elke 30 minute van die bier oor. Draai die temperatuur op na 200 °C en rooster vir 15 minute tot die vel bros is.
Om te drink
Natuurlik een van die Burgers se eie Welbedacht-wyne! Probeer die chenin blanc, dis vol tropiese geure.
Comments