Geglasuurde Eisbein
- Barbara Joubert
- Jun 11, 2015
- 1 min read

4 eisbein-skenkels (dis gerookte varkskenkels)
1 lourierblaar 1 wortel, in groot stukke gesny
1 ui, in kwarte gesny
5 swartpeperkorrels
400 ml lemoensap
125 ml bruinsuiker
Hoe lank moet ek die eisbeins kook?
Moenie die gewig van al 4 eisbeins bymekaartel nie. Werk elkeen uit in gram en kook 30 minute vir elke 500 g. Plaas die eisbeins met die vel in ’n groot kastrol. Bedek met koue water en voeg die lourierblaar, wortel, ui en peperkorrels by. Bring tot kookpunt. Kook die eisbeins vir die aangewese tyd. Laat sowat 20 minute in die water afkoel en haal uit. Trek die vel af en sny kruise in die vetgedeelte. Plaas die eisbeins in ’n oondbak. Verhit jou oond tot 180 °C. Meng die lemoensap en bruinsuiker saam. Gooi die lemoensapmengsel oor die eisbeins en plaas in die warm oond. Bak die eisbeins vir ongeveer 45 minute en bedruip elke nou en dan met die stroop tot gekaramelliseerd. Sit warm of koud voor. Garneer met vars roosmaryn en ontpitte swart olywe.
Comentarios