top of page

MA SE SOP Annalize Herbst - Mooiplaatsie Promosie

  • Annalize Herbst
  • Jun 11, 2015
  • 1 min read

Annalize Herbst.jpg

BESTANDDELE

500g Maalvleis

2 Wortels

2 Blikkies Botterbone

1-2 Rape

Bietjie Seldery

Bietjie Pietersielie

2 Preie

1 Groot Ui

4-6 Aartappels

1 Kop 4-1 Sopmengsel (Apart vooraf klaar gaargekook)

1 Pakkie Tamatiesop (Royco)

1 Pakkie Groentesop (Royco)

METODE

Aartappels, rape en wortels word geskil en gerasper. Seldery, preie en pietersielie en uie word opgekerf. Sit water in die pot. Plaas maalvleis eerste in die pot (verkieslik groot stoompot). Dan die wortels en aartappels en gekerfde groente. Plaas botterbone heel bo-op dit voorkom dat hulle onder gaan lê en aanbrand. Gooi sout en peper na smaak in. Stoom vir plus-minus 45 minute. Sodra klaar gestoom is gooi die klaar gaar 4-1 sopmengsel by. Kook twee pakkies sop vooraf en sodra klaar gooi dit ook by die bogenoemde mengsel. Laat prut oor lae hitte vir 20 minute. Kan met stamper fyn gestamp word of met bamix gemeng word. Worchestersous kan na smaak bygevoeg word. Bedien met gesmeerde botterbroodtjies en lekker julle lippe afeet.

Resep van my moeder Marietjie Raubenheimer

Promosie.jpg

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page