Malvapoeding
- Huisgenoot
- Jun 11, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 8 mense
Bereidingstyd: 12 minute
Baktyd: 50-55 minute
30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
30 ml (2 e) asyn
10 ml (2 t) koeksoda
60 ml (¼ k) appelkooskonfyt
500 ml (2 k) koekmeel
250 ml (1 k) melk
knippie sout
SOUS
500 ml (2 k) melk
375 ml (1½ k) kookwater
375 ml (1½ k) suiker
60 ml (¼ k) botter
45 ml (3 e) vanielje-ekstrak
1. Voorverhit die oond tot 180° C. Smeer ’n oondvaste bak met kleefwerende sproei.
2. Room die botter, suiker en eiers saam.
3. Meng die asyn en koeksoda en voeg by die konfyt.
4. Sif die meel in ’n bak. Voeg die geroomde botter- en konfytmengsel by en meng terwyl jy die melk en sout ingooi om ’n beslag te vorm. Giet die beslag in die voorbereide bak en bak 55 minute of tot goudbruin.
5. Bring die bestanddele tot kookpunt in ’n klein kastrol terwyl jy gereeld roer.
6. Giet die sous oor die poeding wanneer dit uit die oond kom.
Sit warm voor met roomys of vla.
Comments