Malvapoeding “Moeder van die Malvapoeding”
- Mev Maggie Pepler
- Jun 11, 2015
- 1 min read

Hierdie malvapoeding word in koëlronde vormpies gebak. Die panne is vrylik beskikbaar by enige bakwinkel en is vreeslik in die mode. Skaf maar gerus een aan.
Oond 180°C
• 30 ml botter
• 125 ml suiker
• 1 ekstra groot eier
• 15 ml appelkoos konfyt
• 5 ml koeksoda
• 125 ml melk
• 250 ml koekmeel
• Knypie sout
• 15 ml asyn
Room botter en suiker saam, voeg eier by en dan die appelkoos konfyt. Los die koeksoda op in die melk en voeg by. Sif die meel en sout by en vou in. Roer laaste die asyn deur. Bak in klein bal vorms pannetjie vir 20 minute haal uit en laat afkoel. Vul dan n dik spuit naald met tuisgemaakte vanielje vla en vul die balletjies.
Comments