Rhona Peens se NOUGATKOEK Mooiplaatsie Promosie
- The Rainbow Team
- Jun 11, 2015
- 1 min read

Verhit oond tot 170 ˚ C
Meng saam:
270 g koekmeel
300 g suiker
15 ml bakpoeier
2 ml sout
Klits saam:
6 eiergele
125 ml kookolie
190 ml water
5 ml Vanieljegeursel
Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg die nat bestanddele by.
Meng goed.
Klits 6 eierwitte styf met 2 ml kremetart maar nie droog nie.
Roer liggies by die koekmengsel totdat geen eierwit meer sigbaar is nie.
Skep in 2 gesmeerde of gespuite koekpanne
Bak 1 uur by 170˚ C en dan vir 10 minute by 180˚ C
Druk ’n toetspen in om te toets of die koek gaar is.
Keer uit op ’n koelrak en laat afkoel
Smeer helfte van versiersel tussen lae en helfte bo-op
Versiersel
250 g botter
250 g gesifte versiersuiker
Ongeveer 195 g kondensmelk (1/2 blikkie)
5 ml Vanieljegeursel
5 ml suurlemoensap
5 ml kremetart
250 g groen en rooi glanskersies gekap
Room botter en versiersuiker goed
Klits aanhoudend terwyl kondensmelk in ’n dun straaltjie bygevoeg word
Klits Vanieljegeursel, suurlemoensap en kremetart by
Laaste ¾ van die glanskersies
Hou ¼ om bo-oor te strooi

Kommentare