VEERLIGTE KAASKOEK - Marilou Corver Mooiplaatsie Promosie
- Marilou Corver
- Jun 11, 2015
- 1 min read

Ideaal om 'n ryk maal mee af te rond. Boonop kan die kaaskoek 'n dag of twee voor die tyd gemaak word sodat jy minder hoef rond te spring voor die ete.
Bestanddele:
Kors:
1 pak (200g) Marie-of Tennisbeskuitjies
50g botter of margarien, gesmelt
50ml kondensmelk
Vulsel:
2eiers, geskei
2 houers (250g elk) fyn maaskaas
300 g suiker
fyngerasperde skil en sap van 1 groot suurlemoen
25ml gelatine
125ml melk
250ml room
Metode:
Rol die beskuitjies fyn. Smelt die botter of margarien en voeg dit saam met die kondensmelk by die beskuitjiekrummels. Meng goed en druk met 'n lepel styf vas teen die wand van 'n tertbak met 'n inhoudsmaat van 2 liter.
Klits die eiergeel saam met die maaskaas, skil en suurlemoensap tot goed gemeng.
Week die gelatine in 'n bietjie koue water. Voeg by die melk en verhit tot die gelatine verhelder het. Klits by die maaskaasmengsel.
Klits die room en eierwitte afsonderlik styf en vou dit versigtig by die maaskaasmengsel in. Giet die mengsel in die kors en verkoel tot gestol.
Versier die kaaskoek na smaak en bedien yskoud.

Comments