BOBAAS-GEMMERKOEKIES
- Huisgenoot
- Jun 12, 2015
- 1 min read

3 pakke (500g elk) bruismeel
30 ml (2e) kremetart
30 ml (2e) koeksoda
30 ml (2e) fyn gemmer
5 ml (1t) sout
500g botter of margarine
500 g gouestroop
1 Kg sagte bruinsuiker
6 eiers, geklits
METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit n aantal bakplate met kleefwerende kossproei of smeer liggies met botter. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in die meelmengsel in. Verhit die gouestroop tot loperig en roer die bruinsuiker in. Roer tot effens opgelos en laat effens afkoel. Klits die eiers by en voeg by die droë bestanddele. Meng baie goed en vorm okkerneutgrootte bolletjies. Plaas op die bakplate en druk effens plat met die vingers. (‘n Garetolletjie werk ook baie goed.)
Bak ongeveer 12-15 minute tot goudbruin. Laat effens op die bakplate afkoel, verwyder en laat verder op ‘n draadrakkie afkoel tot koud. Voer koekblikke met waspapier uit en bêre koekies daarin. Maak dig toe en bêre op n koel plek.
Lewer ongeveer 300 koekies.
Huisgenoot 4 Maart 1999
Commentaires