top of page

Naomi le Roux se KARRINGMELK / MAAS - ANYSBESKUIT Mooiplaatsie Promosie

  • Naomi le Roux
  • Jun 12, 2015
  • 2 min read

Maasbeskuti 2.jpg

Maasbeskuit 1.jpg

Die oorspronklike Karringmelkbeskuit het ek van my dogter Wilma Perold in die Strand gekry.

Ek het die Volroom Maas daarin gesit en ook die gebreekte anyssaad. (Pick n Pay)

Die 1 kg volroom maas is net genoeg vir die resep. (Naomi)

Bestanddele:

2 kg bruismeel

2 koppies suiker (ek sit 2½ k suiker in. Naomi)

2 t bakpoeier

500 gr Stork bake margarine, gesmelt

2 x 500 ml karringmelk (1 kg Volroom Maas)

4 eiers

2 t Sout, gelyk

1 pakkie fyn anyssaad (opsioneel)

(Ek sit dit by, dis baie lekker. Naomi)

Metode

Meng droë bestanddele apart. Smelt botter en meng. Gooi karringmelk laaste by en maak aan.

Dis ‘n slapperige deeg. Druk plat in pan en sny in blokke.

Bak by 180°C tot ligbruin en gaar.

Droog oornag @ 70°C OF 4 ure by 100°C.

Bak 30 minute op 170°C in Waaieroond op die rak bokant die middel.

Defy Kitchenare 620 op rak bokant middelste oondrak 25 minute. (My oond. Naomi)

Wenk: As jy nie karringmelk het nie… neem 500 ml volroommelk en sit 40 ml wit spirits asyn daarby. Laat staan dit vir 10 minute en gebruik.

Ek gebruik 2 tuisgemaakte oondpanne en maak dit 3 maal vol deeg...maar druk dit eers met die beskuitdrukker voordat ek dit bak.

Daar is 32 beskuite in elke pan. Ek laat dit bietjie in die pan afkoel en dan sny ek die beskuite los van mekaar.

Ek sit bietjie olie aan my hande om die deeg in die panne te druk. Moenie panne te vol maak nie anders rys dit te hoog en loop oor pan se rand. Hoeveelheid is ± 15 liter beskuite.

Promosie.jpg

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page