Yolanda Mills se EENVOUDIGE LEMOENKOEK Mooiplaatsie Promosie
- Yolanda Mills
- Jun 12, 2015
- 1 min read

1 Koppie Botter of Margarien
5 Eiers
2 Koppies Suiker
1/2 teelepel Vanielje
Gerasperde skil van een lemoen
3 Koppies Koekmeel
3 Teelepels Bakpoeier
Knippie Sout
3/4 Koppie Melk
Metode:
Klits botter/margarien en suiker saam. Voeg eiers een een . Voeg die res van die bestandele by en klits deeglik. Gooi in groot ring- of pyrex oondpan of twee standaard panne en bak ongeveer
35-40 minute teen 180 grade Celsius.
Sous:
1/4 Koppie botter of margarien
2/3 Koppie suiker
1 Koppie Lemoensap
Metode: Kook bostaande bestandele saam en giet oor warm koek.

Comments