top of page

Ystervarkies

  • Huisgenoot Wenresepte
  • Jun 12, 2015
  • 1 min read

ystervarkies.jpg

Lewer 16

Bereiding: 10 min.

Bak: 30 min.

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

’n knippie sout

3 eiers, geskei

125 ml (½ k) suiker

125 g botter, gesmelt

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

200 g sjokolade, in stukke gebreek

125 ml (½ k) room

250 ml (1 k) droë klapper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan.

Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n bak.

Klits die eierwitte en suiker saam in ’n aparte bak tot sagte pieke vorm. Vou die botter, eiergeel en vanielje-ekstrak in tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en vou in tot glad.

Giet die beslag in die bereide bakpan en bak ’n halfuur of tot ’n tandestokkie skoon uit die koek kom. Keer op ’n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.

Sny die koek in 16 vierkante.

Plaas die sjokolade in ’n hittebestande bak.

Verhit die room in ’n kastrol tot amper kookpunt. Giet die warm room oor die sjokolade en roer tot glad. Plaas die klapper in ’n aparte bak.

Doop die koekvierkante in die sjokolade en rol dit dan in die klapper om te bedek. Plaas op ’n draadrak om te set.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page