Elizabeth Burger se TJOP-TJOP PASTA Mooiplaatsie Promosie
- Elizabeth Burger
- Jun 13, 2015
- 1 min read

Vir ± 4 mense.
een uie geskil en gebraai saam met een pakkie bits o pieces bacon.
1 blik tamatie en uie smoor een pakkie skulp pasta gekook al dente en een pakkie 4 cheeses pasta sous.
Braai die uie en bacon tot gaar maar nie droog kook die noodles tot al dente.
Voeg die tamatie en uie smoor by spoel die noodles af en meng als saam.
Voeg 'n lekker handvol rou pietersielie by as jy het.
Maak pakkie pasta sous aan.
Sit in oondvaste bak en gooi die pasta sous oor rasper nog cheddar kaas oor en bak tot kaas gesmelt het.
Dien op met lekker vars slaai.
Vinnig vullend en lekker.

Comments