Armgaai Aandete Met Oondgebakte Wors Vir Twee
- Krummel vir Krummel
- Jun 15, 2015
- 2 min read

OK, dis darem nie net wors nie. Dit sal bietjie grim wees. Ons gooi darem bietjie aartappeltjies, rys en sous ook in die mix. Jy het seker twee artappels en ‘n koppie rys at least, huh? Hierdie is nie brain surgery nie, maar jy sal verbaas wees hoeveel mense daarbuite is wat nie eers water kan kook nie. Helen Zille is een van daai mense…
Wat jy nodig het:
Halwe kilogram wors
2 aartappels
so bietjie botter
1 ui
Steak & chops spice
rys
Metode:
Pre-heat jou oond op 190.
Smelt bietjie botter in ‘n oondbak, verkieslik een met ‘n deksel of een wat jy somehow can cover.
Sny 2 aartappels op in wedges en pak dit uit in die oondbak.
Sit die wors ook in die oondbak.
Sprinkel steak & chops spice oor alles.
Sny die ui op en pak die wors toe daarmee.
Cover die oondbak en sit die hele storie in die oond vir ‘n uur lank. So net voor die uur om is, kan jy die rys solank opsit. As jy nie weet hoe om rys te maak nie, maak so: gooi ‘n koppie rys in ‘n Pyrex bak en cover dit met water (so 1cm bokant die rys). Nuke dit in die microwave vir 15 minute. Check hom net so elke 5 minute en roer die gedoende. Jy kry nie makliker as dit nie. Onthou so kwart teelepel sout ook,
Na ‘n uur, check met ‘n steakmes of die aartappels gaar is. Dit behoort te wees. Indien wel, sit die bak terug sonder die cover en blik*** jou dish so biejie met die grill vir 15 minute, maar skuif eers die uie eenkant toe sodat die wors ‘n tan kan vang.
Draai die wors en die wedges om, gooi nog so bietjie steak & chops spice op en grill hom vir nog so 15 minute.
Haal die aartappel wedges en wors uit die bak uit, gooi die sous en die uie van die wors oor in ‘n pan op redelike hoë hitte. Meng ‘n halwe teelepel meel in ‘n kwart koppie water en roer dit in die pan om ‘n gravy te maak. Jy kan dalk so halwe blokkie stock ook ingooi as jy lus is.
Comentarios