Challah Broodjie (Joodse brood)
- Marianne Jacoby
- Jun 20, 2015
- 1 min read
11/2 koppie loewarm water 1 koevertjie kits suurdeeg 1telepel suiker 1 eier 3 eiergele 1/3 koppie heuning 2 dessertlepels Canola Olie 2 teelepels sout 4 1/2 - 6 koppies meel
Gooi n 1/4 koppie louwarm water in n groot mengbak met kits suurdeeg en 1 telepel suiker. Laat staan vir omtrent 10 minute of tot suurdeegmengsel skuimerig is. Gooi die res van die water by en gebruik n wisk en meng die eier eiergele heuning canola olie en sout saam. Begin nou die meel bietjie vir bietjie bymeng met n groot lepel. Jy sal voel nou moet jy jou hande begin gebruik en dan knie jy hom goed. Maak toe en laat rys is oond met n pot kokende water op die onderste rak. Moenie die oond aansit nie. die stoom van die water sal dit mooi en vinnig laat rys.. Myne so n uur geneem. Knie af en maak jou vlegsel, en laat weer rys tot dubbel die grootte. Smeer eier oor en bak by 180 - 160 vir 45 minute. Hierdie broodjie haal jy uit na 20 minute en smeer nog eier oor en dan bak jy hom verder. Dit kan nodig wees om dit toe te maak met foil as dit nodig is. Was nogal lekker maar nog lekkerder die volgende dag met kaas op ! Die Bron; The shiksa in the kitchen
Comments