Hoenderlewer & Crouton Pastei
- Corne Liebenberg
- Jun 20, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
Vulsel:
1 ui, gekerf
2 toontjies knoffel, gekerf
4 dadels, ontbit en opgekerf
1 tamatie in blokkies gesny
500g hoenderlewers, skoongemaak en opgesny in kwarte
4 snye brood (ek gebruik korsies, 2 wit en 2 bruin snye), in blokkies gesny
2 teelepels masala
1/2 teelepel sout
1 teelepel knoffelpoeier
1/2 teelepel gemmer
1/4 teelepel peper
30ml soja sous
2 koppies water
Metode:
Soteer die uie en knoffel liggies in 'n bietjie olie.
Voeg die hoenderlewers by en braai liggies.
Voeg die sout, masala, gemmer, knoffelpoeier en peper by.
Voeg die tamatie, dadels, soja sous en water by en prut vir 5 minute.
Braai die broodblokkies in warm olie tot bros. Hou eenkant.
Kors:
1 1/2 koppies koekmeel
2 teelepls bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 koppie karringmelk
3 blokke puff pastry
Metode:
Meng al die korsbestanddele behalwe die puff pastry goed saam.
Voeg die croutons by die hoenderlewermengsel en roer deur.
Giet in 'n plat oondvaste bak.
Gooi die korsdeeg oor die vulsel.
Versier met blokke puff pastry.
Bak tot die kors gaar en ligbruin is.
Geniet met genoeg tamatiesous en 'n mengelslaai
Comments