Rhona Peens se PIESANG- EN WORTELKOEK Mooiplaatsie Promosie
- Rhona Peens
- Jun 20, 2015
- 1 min read

250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
375 ml meel...
10 ml bakpoeier
20 ml kaneel
8 ml koeksoda aangemaak met bietjie melk
250 ml piesangs (dit is so 3 piesangs) fyngedruk
250 ml grof gerasperde wortels
125 g gekapte neute
Versiersel:
Verroom:
110 ml botter en 375 ml versiersuiker
Roer by 100 ml gladde maaskaas en 8 ml vanielje geursel
Verroom suiker, olie en eiers
Voeg by meel, bakpoeier, kaneel en koeksoda
Meng piesangs, wortels en neute by
Bak vir 25-30 min by 180°C
Laat heeltemal afkoel en smeer versiersuiker Bo-oor.

Comments