Telefoon Poeding
- Boerekos
- Jun 20, 2015
- 1 min read

Ek wonder hoeveel van ons het hiermee grootgeword, ken vandag se kinders dit?
Jou Bestanddele:
1 Eier
2 Kop koekmeel
1 Kop suiker
2 tl Koeksoda
1 Kop melk
1 el Margarien
1 el fyn gemmer
2 lekker groot eetlepels appelkooskonfyt
knypie sout
Vir die stroop:
3 Kop Water
1 Kop suiker
2 eetlepels margarien
Gooi alles in kastrol, bring tot kookpunt, roer aanhoudend tot dit goed opborrel vir 1 min.
So gemaak:
Los die koeksoda in die koppie melk op, voeg die konfyt by, roer net liggies in.
Room botter en suiker, voeg eier by,
Sif jou koekmeel, sout, gemmer saam, vou in by bottermengsel.
Giet melkmengsel by en meng tot slap deeg.
Gooi stroopmengsel in ‘n diep oondvaste bak, giet deegmengsel versigtig in die middel.. plaas ‘n gesmeerde deksel bo op,
Bak 180ºC tot ligbruin. +- 30 min..
留言