ANDERSTE SPEK EN EIERS
- Low Carb Kombuis
- Jun 22, 2015
- 1 min read

Hierdie is nou regtig 'n afwyking op die gewone "bacon and eggs". Dis ideaal vir 'n rustige naweeksoggend.
100 g roomkaas, saggemaak
1 ml droë tiemie
6 eiers, hardgekook
30 ml Dijon mosterd
12 repe streep spek
Voorverhit die oond tot 200°C.
Meng die roomkaas en tiemie in 'n klein bakkie tot goed gemeng. Laat eenkant. Dop die eiers af en sny dit in die lengte deur met 'n skerp mes. Verwyder die eiergele. Vul 6 van die helftes met die roomkaas. Maak die eier weer toe deur die ander helfte bo-op te sit. Smeer die mosterd dun oor die spek. Neem twee repe spek per eier en draai die eiers deeglik met die spek toe. (Gebruik 'n tandestokkie om dit mee vas te steek, indien nodig.). Plaas die eiers in 'n vlak gesmeerde oondvaste bak en bak vir 30 minute.
Lewer 6 Porsies * Per Porsie * 1264kJ * Total Fat 23g * Protein 20g
Total Carbs 1.3g * Net Carbs 1.0g
댓글