MIELIEPAP BALLE
- Hoe maak ek
- Jun 22, 2015
- 1 min read

Maak lekker stywe mieliepap met ongeveer 1½ koppies meel.
Meng daarby in:
1 blikkie suikermielies
2 pakkies gebraaide spek
½ blikkie tamatie & uie mengsel
Worcester sous na smaak
1 k gerasperde cheddar kaas
Laat die mengsel effens afkoel.
Rol dan stywe frikkadel grootte balle en pak in 'n gesmeerde oondpan.
Sous:
Meng 1 liter room met half pakkie sampioensop, voeg oorblywende tamatie en uie mengsel daarby.
Voeg by na smaak: blatjang, speserye en Worcester sous.
Gooi die sous oor die pap balle en maak seker dat dit goed bedek is, gooi dan gerasperde kaas en origanum bo-oor.
Bak teen 180°C vir 45 min. (of tot die room begin dik word).
Bedien warm en geniet!
Comments