ARMY TERTJIES
- Alana van Tonder
- Jun 23, 2015
- 1 min read

Lekker degie vir alle soort handtertjies. My ma het die resep by n chef by die Berede Sentrum in Potch gekry toe die klomp dames eendag daar gaan kuier het.
1k suiker,
6k meel,
6t bakpoeier,
500g botter,
knippie sout.
MAAK SO :
Meng droé bestand en vryf botter in. Meng met water tot n deeg styf genoeg om uit te rol. n Konfyt- of vleisvulsel kan in hierdie deeg gebruik word. As die deeg n rukkie in die yskas gesit word, is dit makliker om mee te werk.
Comments