top of page

Christine Matthee se KERRIE SULT Mooiplaatsie Promosie

  • Christine Matthee
  • Jun 23, 2015
  • 2 min read

kerrie sult.jpg

Bestanddele:

1 pak skaap afval (skaapvoetjies en pens)

6 - 8 Varkvoetjies

Bees chuck

4 groot uie

Knoffel

Pickle spice

Robertsons mixed spice

1 1/2 eetlepel Kerie

2 eetlepels Chutney

250ml Asyn

1 eetlepel suiker

4 velletjies gelatine

sout na smaak

Metode:

Dis wat ek gebruik Dis my eie resep net basies 1 pak skaap afval dit is ongeveer 6 skaapvoetjies en pensgedeelte Ek gebruik nie die kop nie. 6 tot 8 varkvoetjies R30 tot 35 se chuck 4 groot uie Knoffel so 3 stukkies of jy kan die verwerkte knoffel gebruik dan pickle spice Ek gebruik dit want daar is basies als in wat mens nodig het soos lourier blare peperkorrels en koljander ens ens. Ek gebruik ook die Robertsons mixed spice 1 en n half eetlepels kerrie ek gebruik die sterk een 2 eetlepels chutney 250ml asyn ek gebruik balsamic 1 eetlepel suiker sout na smaak. Gelatien nie te veel nie ek gebruik so 4 velletjies.

Die chuck kook jy in n drukkasstrol saam met die maag dit moet in klein stukkies gesny word daarby moet 2 uie kom en die. Mixed spice en sout kook tot sag is hou eenkant Die skaap en varkvoetjies kook ek in n swart swaarboom pot vir 4 ure lank moenie dit laat aanbrand nie hou gereeld die water dop die kerriemengsel kook jy en hou eenkant Wanneer die voetjies sag is moet die beentjies uitgehaal word, moenie die water waar die bene ingekook het weggooi nie dis jou Jellie. gooi dan die chuck by die ontbeende vleis en hou eenkant gooi dan die beentjies terug in die swartpot en kook nog so 20 min. Totdat al die gelatien uit die beentjies is haal dan die beentjies uit en gooi die vleismengsel terug in die pot.

Voeg dan die kerriemengsel by en kook deur Gooi dan jou aangemaakte gelatien by en kook nog so 5 min Dan moet jy die vleis en sous verdeel wanneer jy dit uitskep moenie te veel vleis onder sit nie die sous moet die vleis toemaak met die sous en dit moet mens maar mooi uitwerk want as daar te veel vleis is kom dit baie dik maar dit hang af van hoe dun of dik jy dit wil he dan laat mens dit maar afkoel en stol en dan kan jy dit in vierkantige blokke sny Dis maar hoe ons dit maak

Promosie.jpg

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page