EIER BAKKIES
- LowCarb Kombuis
- Jun 23, 2015
- 1 min read

30 ml olyf olie
12 repe streepspek
12 eiers
varsgekapte pietersielie
sout en peper na smaak
120 g mozarella, rasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Verf die holtes van 'n muffin pannetjie met die olie. Druk die spek aan die binnekant van die muffinholtes vas, sodat dit 'n bakkie maak. Breek 'n eier in elke holte, geur met pietersielie, sout en peper na smaak. Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir ongeveer 10-15 minute (afhangende van hoe sag jy van jou eiers hou).
Lewer 12 Porsies * Per Porsie * 949kJ * Total Fat 18g * Protein 16g
Total Carbs 0.9g * Net Carbs 0.9g
Comments