Vicky Muir se LOW CARB SWEET CHILLI SOUS Mooiplaatsie Promosie
- Vicky Muir
- Jun 23, 2015
- 1 min read

Jy moet hierdie sous probeer! Dis heerlik oor roerbraai, vleis of as "basting sauce" wanneer jy hoender of vark braai.
250 ml asyn
100 ml xylitol
125 ml water
10 ml knoffel flokkies
5 ml rissie flokkies
2 ml xanthum gum
Plaas die asyn, xylitol, water, knoffel en rissies in 'n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Wanneer die sous kook, verlaag die hitte en kook vir 10 minute. Verwyder van die hitte, sprinkel die xantham gum bo-oor en roer vinnig met 'n draadklitser deur. Hou aan met roer tot die sous verdik (ongeveer 2 minute). Bêre die sous in 'n skoon fles in die yskas.
Lewer 400 ml Sous * Per 30 ml * 17kJ * Total Fat 0g * Protein 0g * Total Carbs 0.2g * Net Carbs 0.2g

Comments