BOER-GER...TRADISIONELE HAMBURGER ’n Unieke Kinkel
- Nicky Kruger
- Jun 24, 2015
- 1 min read

1 kg maalvleis 1 ui
rooipeper sout en peper
vars pietersielie 1 eier
’n blok botter pynappelsap
1 blikkie pynappelskywe “barbeque”-sous
gesnyde Cheddar-kaas Roma-tamaties
Miami-gherkins (soet en suur)
stywe pap
Sny een ui fyn en klop een eier liggies. Kombineer die ui, 2 eetlepels pietersielie en
’n ½ teelepel rooipeper, sout en peper (vir smaak) saam met die eier. Meng deeglik
en voeg by die maalvleis. Werk deeglik in. Vorm die vleismengsel in frikkadelle en
druk effens plat. Smelt die botter in ’n pan.
Wanneer dit begin bruin word, plaas die hamburger-frikadelle in die pan. Draai gereeld om.
Vorm balletjies met die pap, druk effens plat om die “broodjies” te vorm. Plaas op die pan om te braai. Sny die pynappelskywe in kleiner stukkies. Meng die pynappelsap, pynappelstukkies en “barbeque”-sous saam in ’n mengbak. Gooi die mengsel oor die vleis en verminder die hitte sodat dit net prut.
Wanneer die vleis gaar is en die papbroodjies ’n bruin kleurtjie het, pak die burgers met die slaaiblare, kaas, gherkins en wat ookal in jou smaak val
Comments