Deftige Roomyskoek
- Annatjie de Beer
- Jun 24, 2015
- 1 min read

Dit lyk baie deftig, maar is baie maklik om te maak. Beïndruk jou vriende en familie op ’n volgende byeenkoms.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Vries: 4½ uur
1 L (4 k) vanieljeroomys, versag
300 g sjokolade-Whispers, plus ekstra vir voorsit
150 g sjokoladekoekies
80 g botter, gesmelt
100 g donker sjokolade
200 ml room, geklop
Skep die roomys in ’n broodpan met ’n diepte van 6 cm en maak die oppervlak glad.
Druk ’n enkellaag styf gepakte Whispers bo in. Vries 2 uur of tot ferm.
Maak die sjokoladekoekies fyn. Meng goed met die gesmelte botter. Druk oor die Whispers en vries 2 uur om te set.
Doop die bodem van die pan 2 sek. in warm water. Keer die koek op ’n plat bord of plank uit. Vries 30 min. of tot ferm.
Plaas die donker sjokolade en geklopte room in ’n hittebestande glasbak. Verhit op volle krag in die mikrogolf terwyl jy elke minuut roer tot gesmelt.
Laat effens afkoel. Bedruip oor die koek. Bedek met ekstra Whispers.
Comments