Dik botterskorsie-en-mielie-sop
- In en om die Huis - Elsa du Plessis
- Jun 24, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 45 min.
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
2 middelslag-patats
1 knoffelhuisie
1 L (4 k) groenteaftreksel
pitte van 1 mielie
sout en vars gemaalde swart peper
vars koljanderblare vir voorsit
1.Laat prut die botterskorsie en patat sowat 20 min. saam met die knoffel en aftreksel of tot al die groente sag is.
2.Plaas die groentemengsel in ’n verwerker en verwerk tot glad. Gooi terug in die pot, roer die mieliepitte in en laat prut tot die pitte sag en pap is. Voeg nog aftreksel by indien nodig.
3.Geur na smaak met die sout en peper en bestrooi met die vars koljander. Sit warm voor met varsgebakte, korserige brood.
Comments