Hoender pastei
- Kotie Pretorius
- Jun 24, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
- 1 Heel hoender
- 2 rolle blaardeeg
- 4 Aartappels, geskil en in blokkies gensy
- 1 ui, geskil en skyfies gesny
- 1 blokkie hoender aftreksel
- 1 pakkie hoenderroomsop
- 15 ml room
- 1 eier en 30ml melk geklits.
Metode:
1. Stoom die hoender in water saam met jou keuse van speserye tot sag en gaar.
2. Los die aftreksel op in 500ml kookwater, kook die uie en aartappels daarin tot gaar en droog gekook.
3. Wanneer die hoender gaar is, verwyder alle bene en maak die vleis vlenters met 'n vurk en mes,
4. Kook sop tot gaar met 500ml water.
5. Meng die hoender, aartappels, uie en sop saam.
6. Voer voorbereide oondbak uit met 1 rol deeg, skep hoender vulsel in, Voeg die ander rol deeg bo-oor en sruk gaatjies in emet 'n vurk.
7. Smeer die eier en melk mengsel oor.
8. Bak teen matige tempratuur tot gaar en goudbruin in kleur.
Bình luận