Hoender wenke
- Ella Sander
- Jun 24, 2015
- 1 min read

Vir ekstra geur
’n Maklike manier om ekstra geur aan die hoender te gee is om geurige bestanddele onder
die vel in te druk. Knoffel, botter, suurlemoen, feta en kruie werk baie goed.
Jy kan ook jou botter geur met knoffel, koljander, lemmetjies of rissie.
Die geure sal in die hoender intrek en die vleis sal lekker sappig word.
Geweet?
Die wensbeentjie – daardie beentjie wat ons glo goeie geluk bring as jy dit kry en in die helfte breek – is eintlik die hoender se
sleutelbeen.
Comments