Hoenderlewer Herderspastei
- Corne Liebenberg
- Jun 24, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
Vulsel:
3 uie, opgesny
2 wortels in ringe
1/2 kop kool gesnipper
1 groot tamatie in blokkies
500g hoenderlewers, skoongemaak en opgesny
50ml soya sous
50ml tamatiesous
sout en peper na smaak
2 teelepels knoffelpoeier
1/2 teelepel gedroogte groen kruie
1/2 teelepel roosmaryn
Bolaag;
5 medium aartappels
50ml margarien
1/2 koppie warm melk
2 teelepels bakpoeier
Metode:
Soteer die ui in 'n bietjie olie.
Voeg die hoenderlewers by en braai.
Voeg die kool, wortel en tamatie by en braai.
Voeg die geurmiddels en 1/2 koppie water by.
Stowe vir 10 minute.
Maak die bolaag:
Plaas die 5 aartappels in 'n plastiese sak wat net toegevou word bo in die mikrogolf vir 10 minute.
Skil die aartappels.
Maak fyn met die melk en margarien.
Geur met sout en peper
Roer die bakpoeier deur.
Skep die vulsel in 'n oondvaste skottel.
Skep die bo laag oor die vulsel
Rooster tot ligbruin.
Bedien met rys en 'n groen slaai.
Comments