KOEKSISTERS
- Cristell Ras - OU Boerekos Resepte
- Jun 24, 2015
- 2 min read

( MATRONE VAN 7 de LAAN SE KOEKSISTERS )
STROOP
1.6 kg ( 8k) suiker
1 liter ( 4k) water
20 ml suurlemoensap
1 ml kremetart
1 stuk droe gemmer
2 kaneelstokke
DEEG
625 g ( 5 k) koekmeel
30 ml bakpoeier
1 ml sout
60 ml botter
500 ml karringmelk
olie vir diepbraai
METODE
STROOP
Meng al die bestanddele in n kastrol . Verhit oor matige hitte en roer totdat al die suiker opgelos is . Verhit tot kookpunt en kook 10 minute lank sonder om te roer . Laat afkoel , giet in n bak en verkoel in die yskas tot yskoud.
DEEG
Sif die meel , bakpoeier en sout saam en vryf die botter met vingerpunte in tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk . Voeg die karringmelk by en meng tot n sagte deeg . Knie goed todat die deeg glad en elasties is , draai in kleefplastiek toe en laat ten minste 1 uur rus .
Rol 5 mm dik uit sny in stroke van 4 cm breed . Sny elke strook in 7 cm lang stukke . Sny drie bene in elke 4x7 cm - stuk sodat dit by een punt steeds vas is . Vleg elke stuk lossies en druk die drie bene by die punt stewig vas . Bedek die uitgerolde deeg en vlegte koeksisters met n klam doek .
Braai n paar koeksisters op n keer in verhitte diep olie tot goudbruin en gaar . Skep met n gaatjieslepel uit en dompel dadelik in die yskoue stroop . Laat n paar minute in die stroop le en skep met n gaatjieslepel uit . Plaas op n draadrak sodat die orige stroop kan afloop .
Matrone se .... as hierdie resep nie vir jou werk nie , dan moet jy liewer nie met koeksisters lol nie .
Comments