Komkommerslaai met jellatien >Lekker by braaivleis
- Naomi le Roux
- Jun 24, 2015
- 1 min read

5 ml jellatien
1 pkie lemmetjiejellie
250 ml kookwater
30 ml gerasperde ui
125 ml slaaisous (Mayonnaise)
1½ gerasperde komkommer
250 ml fyn pynappel > blikkie
Sout en peper na smaak
Los jellatien en jellie op in kookwater. Laat afkoel.
Meng die uie, slaaisous, komkommer en pynappel.
Gooi afgekoelde jellie by en roer.
Gooi in mooi opdienbak, uitgespoel met koue water.
Laat stol voor opdiening.
Genoeg vir 10 persone
Comments