MAYONNAISE BEETVORM
- Debbie Griesel
- Jun 24, 2015
- 1 min read

80 g braamjelliepoeier
400 g ingemaakte beet
5 ml jelliepoeier(gelatien)
200 ml mayonnaise
250 ml kookwater
200ml ingedampte melk (ideal milk)
Pietersielie vir garnering
Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie
Comments